Ons het die laaste aand in Tigre net buite Buenos Aries geslaap. Ons het eers bietjie in die stad rondgery.
Hier ry ons op "9 de Julio Avenue" volgens die Argentyne die breedste rylaan in die wêreld. Dit is 140m wyd met omtrent 20 bane.
Skaduwee van Eva Peron teen een van die geboue.
Die Obelisk is 'n bekende baken in die stad. Dit is nogal 'n uitdaging om rondom die obelisk te ry want daar is 'n verkeersirkel daarom met verkeerslyne vir agt bane wat niemand volg nie.
Die pienkpaleis in die aand
Ons klein tradisie om in elke wêreld stad sushi te eet. Die slag was dit 'n wegneemete in ons camper.
Toe ons wakker word kyk ons uit op die Tigre rivier delta
Pap asseblief
'n Boot werktuigkundige het my genooi om saam te vaar op 'n toetsrit
Die boot werktuigkundige van agter.
Boca Juniors sokker stadium. Dit is waar Diego Maradona gespeel het.
Die beste perilla (steakhouse) in Buenos Aries.
Ons het die optog net in die stad gemis oppad om die camper te gaan aflaai. Dit is verkiesing tyd in Argentina.
Die Camper depot
Een van die eienaars Sebastian Terlasco
Ons spesiale waentjie op die lughawe
Champagne na 'n baie geseënde toer!
Irene was so bly toe sy uiteindelik ook 'n maatjie ontmoet, Carla van Spanje. Sy het sommer op Marianne se plek gesit in die trolley.
Die kinders het tot by die huis geslaap.